Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) ondersteun die pogings van die Nasionale Departement van Gesondheid om bewustheid van borskanker en servikale kanker te verskerp en om vroue op te voed en in te lig met kennis oor die simptome, geleenthede vir siftingstoetse en die vermindering van die risiko vir kanker.
In ooreenstemming met KANSA se 365 Dae Gesondheid Uitdaging, word vroue gedurende Augustus aangemoedig om siftingstoetse te ondergaan en om die nodigheid daarvan op elke denkbare sosiale platform, insluitend sosiale media, met ander te deel. KANSA wil nie net vroue bemoedig om getoets te word nie, maar vroue ook vra om ander vroue uit te daag om dit te doen.
The post KANSA Staan vir die Bevordering van Vroueregte aangaande Siftingstoetse vir Kanker appeared first on CANSA - The Cancer Association of South Africa.