3 Desember 2013: Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) herdenk Internasionale Vrywilligersdag op 5 Desember 2013 en die kollig val op een van KANSA se mees waardevolle, kosbare en hoogs gewaardeerde bates – KANSA se vrywilligers. Meer as 30 KANSA Sorgsentra in Suid-Afrika bring hulde aan en betuig dank en waardering op hierdie dag deur middel van ‘dankie’ sertifikate, toekennings, geskenke sowel as opleidingsessies vir vrywilligers.
Magda Scholts (47 jr), wat self die pad as ‘n kankeroorwinnaar geloop het, was die perfekte Phakamisa vrywilliger, omdat sy borskanker en al die ‘op en af’ daarvan verstaan. As deel van Phakamisa, word vrywilligers opgelei om vroue te leer oor borskanker, vroeë diagnose en die belangrikheid om ‘n wetenskaplike-gebaseerde behandeling regime te volg.
Magda sê: “Ek ontmoet dikwels vroue wat hulp en motivering benodig. Die publiek vra ook algemene vrae. Phakamisa opleiding deur KANSA aangebied, het my in staat gestel om hierdie vrae te beantwoord. Dit help ook baie dat ek ‘n KANSA Relay For Life leier vrywilliger is. Vroue voel dat hulle my ken en benader my met vertroue. KANSA en Phakamisa se opleiding het my die gereedskap gegee om met vertroue te praat. Ek is elke dag van my lewe gemotiveer om na ander menseuit te reik. ”
InternasionaleVrywilligersdag is in 1985 deur die Verenigde Nasies aangewys as ‘n internasionale dag van viering om hulde te bring aan die krag en potensiaal van vrywilligers. Sue Janse van Rensburg, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Meer as 60% van ons gekontrakteerde vrywilligers is toegewyde mense wat ons KANSA personeel help om ons sorg- en ondersteuningsprogramme aan die publiek te bied en wat help om ‘n gesonde lewenswyse te bevorder. ”
Tara Oldfield, een van KANSA se vrywilligers, is 15 jaar oud. Sy het haar hare laat sny en aan KANSA geskenk. “Hierdie jaar was my hare nie lank genoeg nie, daarom het ek besluit om ‘n geleentheid by my skool te organiseer om fondse vir KANSA in te samel. Ek het my maats aangemoedig om hul poniesterte te laat sny en ons het al die poniesterte aan KANSA Sorgsentra geskenk,” sê sy.
Kanker is steeds die leidende oorsaak van sterftes wêreldwyd. Meer mense sterf aan kanker as aan TB, Vigs en Malaria gekombineerd. Meer as 100 000 Suid-Afrikaners word jaarliks met kanker gediagnoseer en om hierdie stryd teen kanker te oorwin, benodig KANSA baie meer helpende hande om ons dienste in gemeenskappe uit te brei.
Top redes om ‘n KANSA vrywilliger te word:
- Geleenthede om nuwe mense te ontmoet en om nuwe vaardighede te leer (in-diens opleiding word verskaf).
- Om ‘n goeie daad te doen en om die geleentheid te kry om vir ‘n goeie saak te werk – kyk hoe KANSA veg in die stryd teen kanker by http://www.cansa.org.za/what-cansa-did-for-you-in-2012-2013/
- Die geleentheid om te voel jy is waardevol vir ander – vrywilligers ondervind ‘n groot mate van tevredenheid deur hul tyd af te staan. Hulle geniet ook die kameraderie van mede vrywilligers.
- ‘n Verwysingsbrief en diensrekord nadat jy as vrywilliger vir een jaar lank diens aan KANSA gelewer het.
- Om ondervinding op te doen in ‘n spesifieke veld wat op jou CV aangebring kan word.
- ‘n Geleentheid om op uitstappies te gaan en om deel te neem aan opvoedkundige funksies.
- Voortgesette in-diens opleiding (met die moontlikheid van uiteindelike akkreditasie)
- ‘n Geleentheid om ‘n bydrae te lewer in die stryd teen kanker
Maak nou onmiddellik ‘n besluit en besoek http://www.cansa.org.za/become-a-volunteer/of gaan na jou naaste KANSA Sorgsentrum (http://www.cansa.org.za/cansa-care-centres-contact-details/) om aan te teken as vrywilliger. Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za ofkontak CANSA tolvry by 0800 22 66 22. Epos:info@cansa.org.za. Volg KANSA opTwitter: @CANSA (http://www.twitter.com/@CANSA) of sluit aan by KANSA op Facebook: https://www.facebook.com/CancerAssociationOfSouthAfrica.
(Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan: lbalona@cansa.org.za, skakel 011 616 7662 of sel: 082 459 5230.)
Meer oor KANSA
Fondse wat ingesamel word, word gebruik vir die verskaffing van ‘n uniek geïntegreerde diensleweringsprogram aan die publiek en ondersteuning van alle mense wat deur kanker geraak word. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R5 miljoen word jaarliks bestee), word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat ingewin word deur KANSA se navorsing gebruik om gesondheidprogramme te hergroepeer en op te gradeer . Dit help ook om ons rol as waghond te verskerp tot groter voordeel van die publiek.
Ons verreikende en intensiewe gesondheidprogramme sluit veldtogte in oor voorkoming en behandeling asook opleiding en onderrig. KANSA Sorgsentra bied stoma- en limfedeem –klinieke aan, verhuur mediese toerusting, ‘n tolvrye nommer en ondersteuning aan kinders en hul gesinne wat deur kanker geraak word.
Kankerpasiënte word versorg en ondersteun in 13 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse gebiede, een hospitium (gebaseer in Polokwane) vir weg-van-die-huis-pasiënte , asook twee CANSA TLC-Tuistes in Pretoria en Limpopo vir ouers/voogde van kinders wat vir kanker behandel word.