Elke jaar teen September of Oktober vertrek ongeveer 28 dames vanaf Lutzville, Vanrhynsdorp, Vredendal, Clanwilliam, Graafwater en Lambertsbaai, vir Mammogramme na Panorama Hospitaal (Dr’s Corbett en Schnetler en Vennote), asook na Dr Apffelstaedt se Mamma Kliniek.
Die vervoer word elke jaar gedoen deur Cloete Vervoer van Vredendal. Die bestuurders van die bussies, Andries en Henry, is al deel van die span en ons dames voel veilig in hul skoon pragtige bussies.
Hierdie is ‘n ondersteuningsgroep, want die dames stel opreg belang in mekaar se lief en leed op die dag, en ‘n gesellige atmosfeer heers , veral in die terugtog huis toe, nadat almal se mammogramme reeds afgehandel is.
Dit is met groot dank dat dit elke jaar met die dames goed gaan, maar probleme word gou opgespoor en behandel. Dankie aan KANSA wat die vervoer grootliks subsidieer en sodoende die geleentheid skep vir dames om in ‘n ondersteunende atmosfeer hierdie ondersoek te kan laat doen.
Mammogramme moet gedoen word deur alle dames van 40 jaar en ouer, sodat borskanker vroeg opgespoor kan word. Een uit 35 vroue in Suid Afrika word deur Borskanker geraak en daarom kan mens nie die geleentheid mis nie.
Lees meer oor hoe om jou borskankerrisiko te verminder…