19 November 2014 – Geniet die somer gedurende Desember, Januarie en Februarie, deur veilig in die son te wees, adviseer KANSA. Velkanker is een van die mees algemene kankers in Suid-Afrika en is as gevolg van selbeskadiging van die vel wat in die onderste gedeelte van die epidermis (die boonste laag van die vel) begin. Lees Feiteblad…
“Ons kan velkanker ontwikkel wanneer ons ons liggame se seine om sonlig te vermy, ignoreer. Dit is belangrik om te weet hoe om jou risiko van velkanker te verminder, veral gedurende die somer wanneer die son se strale die ergste is. Die aanwending van ‘n goedgekeurde KANSA SunSmart Choice sonskerm en beskermende klere word ten sterkste aanbeveel,” sê Elize Joubert KANSA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte.
KANSA plaas die fokus op die ‘merk-die-merk’ ondersoeke. Moesies, bruin kolle en vergroeisels op die vel is gewoonlik skadeloos, maar iemand wat meer as 100 moesies of a-tipiese moesies het, het ‘n groter risiko vir melanoom.
Joubert voeg by – “Dit is belangrik dat jy jou vel elke maand deeglik ondersoek deur ‘n moesie ondersoek te doen. Vra ‘n familielid of vriend om jou rug en die bokant van jou kop te ondersoek, terwyl jy die res van jou liggaam deurgaan. As jy enige van die waarskuwingstekens waarneem, besoek ‘n dokter of dermatoloog onmiddellik.” Lees meer omtrent hoe om SonSlim te wees…
Velkanker Waarskuwingstekens – Pas die A B C D E toe:
- A – simmetries – ‘n moesie of merk met een helfte anders as die ander helfte (dus nie simmetries nie). Gewone moesies is rond en simmetries
- B – uitelyn afwykings – gekartelde / swak omlynde kante. Gewone moesies is glad en het gelykmatige rante
- C – hromatiek – kleur variasies; taankleurig, swart, bruin, rooi, wit, blou. Gewone moesies is gewoonlik ‘n enkel-skakering van bruin of swart
- D – eursnit is groter as 6mm
- E – voleer – word groter en word meer prominent
Verbruining en Self-verbruining Ongesond
KANSA waarsku ook teen verbruining. Onlangs was daar ‘n aansienlike toename in die gebruik van sonlose en self-verbruiningsprodukte soos sproei, mousse, jels, pille, neussproei en inspuitings by name Melanotan I en II. Melanotan II het ernstige newe-effekte, en kan kwaadaardige melanoom veroorsaak.
Alhoewel sommige self-bruiningsprodukte sonskerm bevat, bied dit minimale beskerming teen ultraviolet bestraling. Dit beskerm nie teen ultravioletstrale van die son nie en KANSA ontmoedig individue om dit in enige vorm te gebruik. Sonlose bruiningsprodukte wat Dihydroxyacetone (DHA) bevat, verhoed die vorming van vitamien D in die vel wanneer dit aan die son blootgestel word. Lees Feiteblad…
Sifting

Fotofinder Toestel…
KANSA bied die nuutste opsporingstegnologie vir velkanker deur ons moesiekartering dermoskooptoestel, die FotoFinder. Hierdie siftingstoets is beskikbaar by sommige KANSA Sorgsentra en Mobiele Gesondheidsklinieke regoor die land. Kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum om uit te vind waar daar ‘n FotoFinder in jou area is. Elke kliënt met verdagte velbeskadiging, word verwys vir intensiewe vel-evaluering.
“Op die stadium het ons net vyf FotoFinders vir gebruik landswyd en ons doen graag ‘n beroep vir enige donasies of borgskappe wat ons kan help om een vir al ons KANSA Sorgsentra aan te koop. Op dié manier, kan ons baie meer mense met velondersoeke help, sowel as om die risiko van kanker te verminder. Maak jou veilige aanlyn donasie hier.. “vra Joubert.