








KANSA het Internasionale Vrywilligersdag (5 Desember 2014), op 2 Desember 2014 solank gevier, deur groot spesiale dank te bring aan al sy vrywilligers, met ‘n heerlikke ete en kuier by die Keldery naby Vredendal.
Vrywilligers van Kliprand in die Noorde tot by Elandsbaai in die Suide, uit die Matzikama en Cederberg streek wat deur KANSA bedien word, was daar. Die weersien en gesels was een groot lekkerte. Dominee Jan Fourie het KANSA en sy vrywilligers vergelyk met moeder Teresa, wat doen en gee uit liefde, en hul ‘n ewe liefdevolle en Geseënde Kersfees toegewens. Elma Visagie het met haar pragtige sang die gees van KANSA verwoord.
Lisna Hugo het die vrywilligers toegespreek en die organogram van CANSA aan hul voorgehou. Die bronne van inkomste is verduidelik en die dienste wat gelewer word met hierdie fondse is aan hul oorgedra. Die geleenthede wat die afgelope jaar in die streek aangebied was, met foto’s is aan die gehoor oorgedra.
By die geleentheid is langdiens en waardering sertifikate aan KANSA vrywilligers uitgedeel.
Verskeie mooi funksies het ook in die jaar plaasgevind, soos Clanwilliam se Wit Kersfees dans, en die CANSA Relay For Life Cederberg . By Trawal is ‘n manne-ontbyt vir 24 mans gehou, en die mammogram bussie met 28 dames uit die streek is weer na Kaapstad.
In ‘n baie spesiale gebaar het Quinton Brand van Vredendal Brand Nissan R10,000 aan KANSA ten bate van die Agape Sorg kliniek, oorhandig.
Hy het dit as ‘n prys gewen en wou daarmee dankie sê vir die sorg en ondersteuning wat sy pa Gerhard van KANSA ontvang het in sy stryd met kanker, wat hy ongelukkig verloor het. Net so spesiaal was Nikita Dreyer, die Vredendal dogtertjie, wat haar hare afgesny het en die pragtige dik vlegsel hare aan KANSA geskenk het.
Alle Dank aan die Matsikama en Sederberg gemeenskap wat CANSA so ondersteun in die streek.
Navrae KANSA
Vind meer uit oor hoe KANSA Malmesbury Sorgsentrum jou en jou geliefdes kan ondersteun…